“Bittermaan” Moc Toe Stewel
Geskep met musiek. Gebou om te hou.
Gebore uit ’n rou samewerking tussen Spoewolf, Jim Green en Vellie Boutique, is die Bittermaan is meer as net ’n stewel — dis ’n lied van vreugde, ’n gevoel van vryheid, daardie perfekte huppel in jou stap.
Ontwerp vir die dromers, die doeners en die grens brekers, bring hierdie beperkte uitgawe die beste van Suid-Afrikaanse vakmanskap saam met Spoewolf se ongetemde passie en kreatiewe vuur.
Van die verhoog tot die werksbank — elke paar begin as uitgesoekte prima beesvelle wat met sorg gevorm,’n meesterstuk wat jou sal volg waar jy ook al gaan.
Die Bittermaan bly ’n simbool van vrye beweging, ware karakter en volgehoue styl.
Geskep met Musiek. Gebou om te Hou.
Hoofkenmerke en konstruksiedetails
Boonste leer: Dubbel-laag 2.2 mm gevoer met 1.6 mm kalfsleer.
Hakversterking / ondersteuning: Interne en eksterne hakversterkers vir beter stabiliteit en duursaamheid.
Tong: Sagte leer, met ’n "gusseted tongue" wat ligter is en help om stof en water buite te hou.
Staalversterking; ’n Staalplaat tussen die binnesool en buitesool vir ondersteuning en stabiliteit.
Tussensool en loopvlak: Leer tussensool met ’n harslaag vir gemak en ekstra slytasiebestandheid.
Buitesool: “TW” rubber wig-sool – ’n sagte rubber wat goeie greep en gemak bied.
Steekwerk / konstruksie: Blake stitch hegting vir sterkte en herstelbaarheid.
Hersoleerbaar: Ja – ontwerp om maklik hergesool te word vir ’n langer leeftyd.
Pasvorm / leest: MT-leest met ’n 3E-breë pasvorm en ’n ruim voet gemak.
Gewig: Ongeveer 1.40 kg (grootte 8).
Veters: 150 cm veters ingesluit.
Vervaardiging: 100% vervaardig in Suid-Afrika.